Skip to content

October 10, 2011

Sonder dat ons weet – Afrikaans Poem

Sonder dat ons weet het ons mekaar se gedagtes gelees

en sonder dat ons weet

het ons geweet wat ons van mekaar wil hê

Sonder om ‘n woord te spreek

Sonder om iets regtig te sê

Het ons geweet wat ons pla

en sonder dat ons weet

het ons iets gebou wat niemand ooit kan breek

 

Sonder dat ons weet

het iets tussen ons ontwikkel

opgekruip en ons heeltemal verras

 

Dit alles sonder dat ons weet

(En sonder dat ek weet

Ek het nou eers besef

Jy het ‘n gat gevul

wat lankal nie wou toe)

Written by Ruan Smit


Ruan Smit started Pixelsmithstudios with the vision of bringing all the most dedicated designers to his blog. The idea behind this project is to create a new design orientated environment of sharing, learning and expertise development.

Share your thoughts, post a comment.

(required)
(required)

Note: HTML is allowed. Your email address will never be published.

Subscribe to comments

Pixelsmithstudios - Find me on Bloggers.com

Follow my blog with Bloglovin